Wednesday, September 26, 2007

DIE AVONTURE VAN 'N BADKAMERTEEL

"Almal wil 'n huisie by die see he, almal se die struggle is verby, almal se die lewe is eers more, maar more is te laat vir my."

Ons ken almal hierdie bekende sin, geskryf in een van Koos kombuis se bekende liedere, op een van sy bekende albums. Ek het vandag weer na hierdie lied geluister en weereens 'n waardering vir Afrikaanse kunstenaars en musiek gekry.
Baie van ons, tussen die ouderdom van 14 en 18, het onlangs begin beplan aan ons toekoms, van ons wil dokters word, van ons wil ingeneurs, prokereurs of selfs redakteurs word.
Ek self wil graag 'n musikant word. Daar is net een probleem; feitlik almal wil hierdie beroepe in die buiteland gaan beoefen, waar die gras groenner is. Ek en die band waarin ek speel ook het onlangs besluit dat ons graag Amerika toe wil gaan om ons musiek aan die gang te kry in 'n groter ekonomie. Dit is alles goed en wel ja, maar in Amerika praat mense nie regtig Afrikaans nie, wat vir my nogal 'n groeiende faktor is in die sin van my plan in verandering. Ek kan Engels praat op die odd geleentheid, maar ek word baie naar en lighoofdig. Engels is vir my 'n baie eienaardige taal met eienaardige reels wat dit vir die verbruikers moeilik maak om te verstaan. Engels is ook nie vatbaar vir mooi idiees nie. Ek noem 'n voorbeeld; wie kan die bogenoemde sin van Koos Kombuis na Engels toe vertaal sonder om dit te laat klink soos 'n klaar gebruikde mat van 'n sinsnedede? ...Niemand!?... Ek het so gedink.
inelkgeval, Ek sal maar aanhou die taal praat van braaivleis en berge blou, die wat die onroemantiese taal van die britte wil gaan praat, kan maar.
as enigeiemand seergemaak voel, kan julle van nou af ons Engelse patrioot, Albert (Afrikaans gebore veraaier) se rubriek lees, dis in engels!
Totsiens!

Joke net Albert! ...nee!... los my!...eina... Engels!